Tuis
Produkte
Agtergrond
Nuusbrokkies
Navrae
Kontakbesonderhede
Aflaaie
ELEKTRONIESE BANKDIENSTE !
   
 


MEDIAVERKLARING - 26 Oktober 2009

Oranjekas het  op Saterdag die 24ste Oktober 2009,  sy eerste Algemene Jaarvergadering gehou in die Louis Buhrmann saal te TLU kantore in Silverton.  Tydens hierdie vergadering, is daar ’n mosie van dank en vertroue in die direksie van Oranjekas ingestel en die positiewe gees wat daar geheers het, sal lank onthou word. Hierdie positiewe gees heens Oranjekas is ook ‘n kenmerk van Oranjekas sedert sy ontstaan.

Oranjekas het die afgelope drie maande met meer as 60% per maand gegroei en is die Spaar en Krediet Kooperasies in Suid-Afrika, met die grootste aandele kapitaal. Daar is tans 55 Spaar en Krediet Kooperasies in Suid-Afrika.

 Vyf direkteure moes volgens die statuut herkies word, tydens die Algemene Jaarvergadering en die vergadering het sonder een teenstem die hele direksie net so verkies vir die volgende jaar.

‘n SKK (Spaar en Krediet-koöperasie) is ‘n demokratiese, unieke, lede-gedrewe, selfhelp Koöperasie. Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gesamentlike doel het. Die lede het ooreengekom om hul geld in die SKK te spaar, en dan die geld te gebruik vir lenings aan lede teen ‘n redelike rentekoers. Rente word gehef teen die lenings, om die beleggings se rente te dek, asook vir die  administrasie en bestuur van die SKK.

 
Daar word geen winste uitbetaal aan buite-instansies nie en die besluit oor wat om met die winste te maak, berus by die lede.‘n SKK is ‘n demokratiese organisasie wat beteken dat die lede ‘n direksie verkies, en die direksie verkies ‘n bestuur om die SKK te bestuur en mense aan te stel. Daar word ook ‘n toesighoudende komitee deur die lede verkies, om toesig te hou oor die bedrywighede van die Direksie.

Mnr. Jan Beyers, Besturende Direkteur van Oranjekas, het tydens ‘n bespreking op die AJV wat gehandel het oor die toekomsblik van Oranjekas, die volgende gesê : “ Oranjekas kan en wil bankwese in Suid-Afrika verander.  Dit gaan Oranjekas regkry deur die die volgende te doen :

1.      Voortbou op die goeie produkte en koerse van Oranjekas

2.      Voortbou op Oranjekas se goeie diens in Afrikaans en in die kultuur van die Afrikaner

3.      Uitbreiding van Oranjekas se takke en filiale

4.      Voortbou op sy goeie en bekwame personeel

5.      Vestiging van Elektroniese Bankdienste

6.      Skep van ’n groeifonds vir die ekonomiese vryheidstryd van die Afrikaner “

Mnr. Beyers het sy toespraak  afgesluit met die volgende verwerking van Stephanus Roos se woorde die oggend voor die slag van Majuba: “ Ek voel in my hart dat ons ekonomies moet vry raak, want anders is ons verlore, maar hier moet ons met mekaar ‘n verbond maak om ekonomies vry te raak of almal te val.  Ons God sal ons help en ons SAL ekonomies vry raak, WANT ONS KAN NIE ANDERS NIE!”


MEDIAVERKLARING - 18 Augustus 2009

Na aanleiding van die aankondiging van die reserwebank op 13 Augustus 2009 dat rentekoerse met ‘n halwe persentasie punt gesny sal word, het die Direksie van Oranjekas besluit om ook die uitleenkoers van Oranjekas met ‘n halwe persentasiepunt te sny. Oranjekas het egter aangekondig dat rente wat beleggers en rekeninghouers ontvang nie aangepas sal word nie.

 

Oranjekas Spaar en Krediet is ‘n volkseie finansiële ko-operatief, wat die beste belang van die volk eerste stel. Mnr. Jan Beyers, Besturende Direkteur van Oranjekas het gesê  “Oranjekas het ‘n verantwoordelikheid teenoor sy aandeelhouers om winsgewend te wees, maar het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die volk om in die resessie waarin die ANC regering die land gedompel het, die volk tot hulp te wees.” Hy het bygevoeg “dit is vanjaar die 70ste herdenking van die Reddingsdaadbond, eerder as om te praat of nostalgiese kongresse daaroor te hou, wil Oranjekas ‘n bydrae lewer tot die ekonomiese welstand van die volk in die gees van die Reddingsdaadbond”.

 

Beyers het bygevoeg dat daar nuut gedink sal moet word, om die finansiële aanslae teen die volk die hoof te bied. Die ANC regering gaan hierdie volk geen gunste doen nie en gevolglik sal daar ‘n eie ekonomie ge herskep moet word. In tye waarin die volk swaarkry, is dit onmoontlik om van die volk te verwag om slegs op nostalgiese redes ‘n saak te ondersteun, daar moet ook gekyk word na die ekonomiese voordele en realiteite. Oranjekas bied aan die individuele volksgenoot verskeie voordele en die individu se deelname skep weer die geleentheid om ander volksgenote tot voordeel te wees. Op hierdie manier, red die volk homself.