Welkom by Oranjekas!

tuis

Welkom by Oranjekas - Waar nie net die taal van ons diens Afrikaans is nie, maar so ook die hart van ons diens. Wat is dan nou meer gerusstellend as bankdienste wat jy verstaan, van top koerse tot persoonlike interaksie met die mense wat jou geld bestuur. Dit is mos lekker om op voornaamterme te wees met jou bestuurder, dan nie? Hierdie dienste word hand-aan-hand gelewer met vooraanstaande tegnologiese produkte. Soos om jou petrol met jou debietkaart te betaal. Dit is niks anders as ouwêreldse diensbeloftes in ’n nuwe idioom nie.

 

Wat is 'n Spaar- en Kredietkoöperasie?

Oranjekas is ’n spaar- en kredietkoöperasie (SKK) wat ons in staat stel om verskeie bankverwante dienste aan ons kliënte te bied.

    • Dit is 'n demokratiese, unieke, ledegedrewe, selfhelp-koöperasie. Elke aandeelhouer se stem weeg ewe veel. Die lede verkies die direksie en die direksie stel dan 'n bestuurspan aan. Daar word ook 'n toesighoudende komitee deur die lede verkies om toesig te hou oor die bedrywighede van die direksie en koöperasie.
    • Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gemeenskaplike doel het. In hierdie geval het die lede ooreengekom om hul geld in die SKK te belê (spaar) en dan die geld te gebruik vir lenings aan lede teen ‘n redelike rentekoers.
  • Die opbrengste op rente-inkomste uit lenings word aangewend om rente te betaal op beleggings en om die administratiewe koste te dek. Daar word geen winste uitbetaal aan buite-instansies nie en die besluit oor wat om met die winste te maak, berus by die lede.

Het jy geweet?

Die konsep van 'n Spaar- en Kredietkoöperasie is lank nie nuut nie, en vorm die basis van menige banke oor die wêreld heen:

    • Een van die grootste banke in Australië is n koöperatiewe bank ( 'Community Bank branches' van Bendigo Bank).